’n Nuwe Cyberlab-laboratorium vir Hoërskool Ba Ga Lotlhare, in Heuningvlei, sal slegs die matriekslaagsyfer van vanjaar se graad 12-leerders op ’n nuwe trajek stel. Dit was die sentimente wat die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, gedeel het tydens die bekendstelling van die Cyberlab by die skool vandag. “Vir 'n skool wat verlede jaar 100 persent in Wiskunde en Wetenskap Matriekslaagsyfer behaal het, kan ons net groter dinge in 2024 verwag. Dit is 'n skool in een van die mees afgeleë gebiede van die provinsie en hulle het goed gevaar sonder e-leerhulpbronne en fasiliteite,” het hy gesê. Die geleentheid is gelei deur SITA en die departement van kommunikasie en digitale tegnologie, Minister Mondli Gungubele, was teenwoordig en so ook die LUR vir onderwys in die Noord-Kaapprovinsie, Zolile Monakali.