By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Verdagtes moet in die hof verskyn vir handel in dwelms
Ses
verdagtes sal binnekort in die Hartswater-landdroshof in Noord-Kaap verskyn op
aanklag van handel in dwelms. Die verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem vir
die besit van dwelms en gesteelde selfone. Die polisie het inligting ontvang en
die beweerde verkoop van dwelms by drie persele in Hartswater opgevolg. ‘n
Polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane, sê die polisie het beslag gelê op
gekristalliseerde Metamfetamien, mandrax-tablette, kat sowel as sakkies nyaope.
Shemane sê die polisie het beslag gelê op nege selfone, drie selfoonlaaiers en
geld wat vermoedelik die opbrengs van dwelmverkope is.
Related News