By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 18 Mar 2024Language: AfrikaansCategory: Community
Khâi-Ma Munisipaliteit doen 'n beroep op inwoners om hul water te kook
Die Khâi-Ma Munisipaliteit
wil graag 'n beroep doen die inwoners om a.s.b hul water te kook. Hulle neem
kennis van die water se kleur, organiese materiaal in die rivier gee aan die
water ‘n groen/geel/swart kleur as gevolg van alge in die Oranje Rivier. Ons
doen ons beste om die nodige chemikalieë te gebruik vir dosering en tog bly dit 'n uitdaging om
die water se kleur blink te kry. Die munisipalitiet is in gesprekke met
onderskeie rolspelers om die probleem die hoof te bied en vra dus om verskoning
vir die ongerief wat dit mag veroorsaak.