By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 18 Mar 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Noord-Kaap hofbeampte vas op korrupsieklagte
Die Noord-Kaapse anti-korrupsie-eenheid het ’n 46-jarige klerk van
die Kimberley-landdroshof Vrydag (15/3) gearresteer op aanklagte van korrupsie.
Daar word beweer dat die klerk R500 geëis het om ’n aansoeker van ’n
beskermingsbevel te help. Die klerk is deur die anti-korrupsie-eenheid
gearresteer en het in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die beskuldigde is op
R500 borgtog vrygelaat. Die ondersoek duur voort.