By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 19 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Departement van vervoer bied konsultasie proses vandag op Port Nolloth aand
Daar sal vandag ‘n baie belangrike konsultasie proses
plaasvind in die Richtersveld wat gelei gaan word deur die departement van
vervoer. Die doel van die konsultasiesessies is om die internasionale
gestandaardiseerde vereistes wat ontplooi moet word uiteen te sit, die werk wat
gedoen is om internasionale verpligtinge na te kom, plaaslike regering,
hawegebruikers en die gemeenskap in te lig oor werk wat gedoen moet word en die
impak daarvan. Die Hoofdoel is om 'n opdatering aan die plaaslike
munisipaliteit, hawegebruikers, vissers en alle ander relevante komitees te
verskaf wat direk betrokke is en relevant is deur die plaaslike distrik of
munisipaliteit. Dit is ook daarop gemik om betekenisvolle en inklusiewe
betrokkenheid te bevorder, om te verseker dat alle belanghebbendes geraadpleeg
en gehoor word in die gereedheid van die hawe van Port Nolloth.
Related News