By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 20 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Premier Saul om Menseregtedagvieringe in Carnarvon te lei
Die
Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, sal môre Menseregtedagvieringe in Carnarvon lei, wat om
10vm gaan begin. 'n Woordvoerder van die kantoor van die premier, Bronwyn
Thomas-Abrahams, het gesê verskeie opbou-aktiwiteite vir die geleentheid sal in
die Pixley ka Seme-distrik gehou word, insluitend 'n sokker- en netbaltoernooi
by die Carnarvon-stadion. Sy het bygevoeg dat 'n Menseregte-dialoog op 17 Maart
by die Carnarvon Primêre Skool aangebied is. “Nasionale Boekweek-bekendstelling
is op 19 Maart in Vanwyksvlei gehou.”
Related News