Die 21 jarige Jenny Walters van Matjieskloof is gisteraand ongedeerd op haar ouma se erf terug gevind. Haar mammie Natasha Walters bedank die breë gemeenskap vir hulle gebede en ondersteuning dat hulle saam geglo en gebid het vir die veilige terugkeer van Jenny wat vroeer as vermis aangemeld is. Jenny se ouma spraak haar dankbaarheid teenoor die genmeenskap – CLIP Intussen is Pogings om na die vermiste Saldanhabaai-kind, Joslin Smith, te soek, is afgeskaal. Smith het verlede maand uit haar huis in Diazville vermis geraak. Haar ma en drie ander verdagtes is intussen in verband met haar verdwyning in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op aanklagte van mensehandel en ontvoering. Daar was die afgelope paar dae geen sigbare soektogte na die dogtertjie nie. Die polisie gaan voort met hul ondersoeke na haar verdwyning.