By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 22 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Saul doen 'n beroep op die mense van die Noord-Kaap om saam met die provinsiale regering te werk
Die
premier van die Noord-Kaap, dr Zamani Saul, het gister die herdenking van
Menseregtedag gelei onder die tema, 'Drie dekades van respek vir en bevordering
van menseregte', in Carnarvon in die Pixley Ka Seme-distrik. Die dag was gevier
ter herinnering aan die Sharpeville-slagting van 1960, waar vreedsame betogers
wat teen diskriminerende paswette opgeruk het, noodlottig deur die
apartheidspolisie en ander gewond geskiet is. Dr Saul het in sy toespraak 'n
beroep op die mense van die Noord-Kaap en Kareeberg gedoen om saam met die
provinsiale regering te werk om die lewensgehalte van die mense van hierdie
provinsie te verbeter.
Related News