By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 22 Mar 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Valke en Batebeslagleggingseenheid het 'n bewaringsbevel teen Moiloa verkry
Die Valke en Batebeslagleggingseenheid het Woensdag, 'n
bewaringsbevel van 'n voertuig ter waarde van R80 000 teen die 40 jarige Kagiso
Moiloa deur die Warranton-landdroshof verkry. Dit volg op die arrestasie van
Moiloa in April 2023. Inligting is ontvang oor drie persone wat van
Johannesburg na Kimberley met 'n besending dwelms gereis het. Die voertuig is
op die N12-pad naby Warrenton opgemerk. “Die toneel is deur Hartswater
Plaaslike Kriminele Rekordsentrum verwerk, waarop die sak en die voertuig
deeglik deursoek is. Tydens die soektog is 4 000 mandrax-tablette met 'n
geraamde straatwaarde van R240 000-00 in die sak gevind. Daar is ook op drie selfone
en ’n VW Golf GTI beslag gelê. Beslagleggingsbevel is vir die genoemde voertuig
verkry,” het Valke woordvoerder Adjudant-offisier Nomthandazo Mnisi gesê.