Die munisipale bestuurder van die Nama-Khoi Plaaslike Munisipaliteit wat van bedrog en die oortreding van die Wet op Finansiële Bestuur beskuldig word, is op Woensdag 27 Maart borgtog in die Calvinia-landdroshof toegestaan. Dit volg ná die inhegtenisneming van die tans dienende Nama-Khoi-munisipale bestuurder, die 63 jarige Jan Izak Swarts, gisteroggend deur die Noord-Kaapse provinsiale Valke se Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoekspan in Springbok. Marsilino MacDonald doen verslag – CLIP