By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 04 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Vier jongmense oorleef ongeluk in Kimberley
Vier
jongmense het wonderbaarlik Maandagoggend ’n ongeluk in Schmidtsdriftweg,
Kimberley, oorleef. Die bestuurder van die motor en drie insittendes het in
Langstraat gejaag. Hy het vermoedelik beheer oor die motor verloor, oor
die eiland in die pad gery, aan die anderkant van die pad beland en teen ’n
huis se muur gebots. Die jongmense was vermoedelik onder die invloed van drank.
Al vier die jongmense het ongedeerd uit die
Chevrolet geklim. Die eienaar van die huis, het uit die huis gekom toe hy die
slag gehoor het. Hy sê die vriende van die jongmense het baie geraas en hy het
nie langer op die ongelukstoneel gebly nie. Hy het bevestig sy voorste grasperk
was die volgende dag vol leë bierbottels.
Related News