By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 04 Apr 2024Language: AfrikaansCategory: Community
Ricthersveld Munisipaliteit kondig twee dae wateronderbreking aan
Die
Richtersveld plaaslike munisipaliteit het in 'n amptelike kennisgewing bevestig
dat Alexkor vandag 'n pypomskakeling in Alexanderbaai gaan doen. Die operasie
kan meebring dat daar vir sowat twee dae geen invloei van water in Muisvlak dam
gaan wees nie. Die omskakeling is 'n poging om die toevoer vanaf Alexanderbaai
te verhoog sodat water meer volhoubaar na die Muisvlak opgaardam gepomp kan
word. Die munisipaliteit se spanne sal alles in hul vermoë doen om die
herstelwerke so gou as moontlik af te handel. Verbruikers word versoek om
asseblief water op te gaar en spaarsamig te gebruik vir die duur van die
onderbreking.