Verdagtes moet in die hof verskyn vir die besit van dwelms
Twee
verdagtes sal vandag in die Postmasburg-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn
op ‘n klag van handel in dwelms. Die verdagtes is Saterdag in hegtenis geneem. Die
polisie het inligting ontvang oor onwettige mynbedrywighede en dwelmaktiwiteite
wat in Postmasburg plaasvind. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane,
sê die polisie het beslag gelê op dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van
17-duisend rand.