Die Noord-Kaapse Provinsiale Gemeenskapspolisieraad het vandeesweek hulle kwartaallikse vergadering in Upington gehou. Die doel van die vergadering was om volle funksionaliteit en aanspreeklikheid van die Gemeenskapspolisieforums (GPF) op distrik- en stasievlak te verseker. Al vyf distrikte van die provinsie het deel gevorm van die beraad om die aktiwiteite van die GPF’s te verbeter om misdaad te probeer bekamp. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Omphile Masegela, sê elke distrik het ook terugvoer gegee oor die funksionaliteit van die GPF’s op stasievlak.