By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 15 Apr 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Die minister van Elektrisiteit was in ʼn motorongeluk
Die minister van Elektrisiteit, doktor Kgosientsho Ramokgopa, was
gistermiddag in ʼn motorongeluk betrokke. Sy woordvoerder, Tskane Khambane, sê dat die minister
nie ernstig beseer is nie. Die
minister was in ʼn motor saam met twee beskermingsdienslede op van Noordwes na
Gauteng toe die ongeluk met ‘n tweede motor gebeur. Khamnabe sê almal wat by die ongeluk betrokke was, het
mediese aandag op die toneel ontvang en dit was nie nodig vir die minister om
hospitaal toe te gaan nie. Hy sê
verder die minister wens almal wat by die ongeluk betrokke was ʼn spoedige
herstel toe.