Hoëdigtheid-operasies onder die vaandel van Operasie Shanela is die afgelope week regoor die provinsie uitgevoer om trio-misdade, kontakmisdade, dwelm- en alkoholverwante misdrywe en eiendmsverwante misdade aan te spreek. Die multidissiplinêre spanne in al vyf distrikte het gesamentlik 292 misdadigers opgespoor, waarvan 116 gesoekte verdagtes is wat deur speurders in hegtenis geneem is tydens opsporingsoperasies. Die verdagtes is gesoek in verband met moord, verkragting en aanranding. Verdagtes is gearresteer vir die pleging van ernstige misdade, insluitend die besit van gevaarlike wapens, aanranding, handel in dwelms, onwettige handel in drank, roof verswarende, poging tot moord, huisbraak en opsetlike saakbeskadiging.