Die DA in die Noord-Kaap is bekommerd oor die gebrek aan maatskaplike werkers om na die armes en kwesbares in die provinsie om te sien. Die party sê die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het sedert 2022 net 290 permanente maatskaplike werkers, terwyl 401 maatskaplike werkers benodig word. Die party sê die regering kan nie bekostig om aan maatskaplike werkers te ontbreek nie aangesien baie inwoners psigososiale ondersteuning nodig het weens die hoë werkloosheidsyfer. Die DA is bekommerd dat die departement weens begrotingsbeperkings nie die vereiste aantal maatskaplike werkers sal kan aanstel nie.