By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 18 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Eksteenfontein veeboere ontvang dieregesondheidspakke
Die
veeboere van Eksteenfontein in Wyk een was bevoorreg om die ontvangers vir
Dieregesondheidspakke te wees om hul vee 'n hupstoot te gee en gesond te hou. In
pogings om klimaatsverandering te beveg, het die Ritchersveld Plaaslike
Munisipaliteit saam met die Departement van Landbou in die Namakwa-distrik dit
goed geag om uitdagings wat diè sektor in die gesig staar, aan te spreek.
Volgens die opgestelde klimaatveranderingsplan 2021/50-dokument sal die distrik
na verwagting deur hoër jaarlikse gemiddelde temperature geraak word, wat
water- en voedselsekuriteit nadelig sal beïnvloed. Verdamping sal waarskynlik
ook toeneem en landbou-uitsette kan verminder. Burgemeester Cornell Knoph het
sy dankbaarheid teenoor die Departement uitgespreek vir die ondersteuning aan
boere in die Richtersveld Munisipale Jurisdiksie.
Related News