By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 29 Apr 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Beurtkrag bly steeds opgeskort
Eskom het gister aangekondig dat beurtkrag steeds
opgeskort bly. Dít na ‘n aaneenlopende tydperk van
meer as 30 opeenvolgende dae van geen beurtkrag. Eskom se
woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit is weens volgehoue opwekkingskapasiteit en
voldoende noodreserwes. Sy sê Eskom sal volgende Sondag weer ʼn opdatering
gee, tensy die situasie deur die week drasties verander.