Eskom het gister aangekondig dat beurtkrag steeds opgeskort bly. Dít na ‘n aaneenlopende tydperk van meer as 30 opeenvolgende dae van geen beurtkrag. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit is weens volgehoue opwekkingskapasiteit en voldoende noodreserwes. Sy sê Eskom sal volgende Sondag weer ʼn opdatering gee, tensy die situasie deur die week drasties verander.