By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 29 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Noord-Kapenaar swaar gevonnis vir die verkragting van familielede
Die Carnarvon-streekhof in die Noord-Kaap het ‘n 24-jarige man tot 20
jaar direkte gevangenisstraf op twee aanklagte van verkragting gevonnis. Die
beskuldigde het sy twee familielede, wat glo dronk was, in twee verskillende
voorvalle in 2022 verkrag. Die beskuldigde is borgtog vir die eerste oortreding
toegestaan, maar hy is op heterdaad betrap dat hy sy ander familielid verkrag
het. Hy het volgehou dat dit konsensueel was vir ‘n kontantbeloning van 100
rand. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê
die staat het aangevoer dat niemand die reg het om ‘n persoon se seksuele
integriteit in hul huis te skend nie, ten spyte van hul toestand van
nugterheid.
Related News