Die polisie in die Noord-Kaap en die Departement van Onderwys het verlede week skole in die Frances Baard- en John Taola Gaetswewe-distrik besoek om skoolveiligheid te bevorder. Die polisie in Kimberley, Roodepan, Galeshewe en Kagisho het skole in Kimberley en Delportshoop besoek. ‘n Polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, sê die polisie het ook op gevaarlike wapens beslag gelê.