By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 30 Apr 2024Language: AfrikaansCategory: Other
Radio Nfm om noodsaaklike myn- en gemeenskapskommunikasie te fasiliteer
Vedanta Zinc International het sowat R600 000
belê vir die installering van 'n Radioseinsender in die Khâi-Ma munisipale area
vir die gemeenskapsradiostasie wat die Namakwa-distrik bedien, Radio NFM.
Hierdie inisiatief verseker dat NFM se reikwydte na alle gemeenskappe in die
Khâi-Ma munisipale area strek, wat noodsaaklike myn- en gemeenskapskommunikasie
fasiliteer. “Dit is vir ons aangenaam om te deel dat die sein amptelik
geaktiveer is en Sondag, 21 April 2024 regstreeks gegaan het,” het die mynreus
gesê.