By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 30 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Die Nama Khoi-munisipaliteit spreek rekeningkwessies aan
Die Nama Khoi plaaslike munisipaliteit is
tans besig om kwessies aan te spreek wat verband hou met verkeerde
eiendomsnommers, straatname, en nie-numeriese straatnommers. “Ons doel is om
hierdie uitdagings reg te stel om akkurate fakturing te verseker en om aan regulatoriese
raamwerke te voldoen. As u bewus is van enige sulke kwesies, rapporteer dit
asseblief aan ons sodat ons die nodige regstelling kan maak,” het die
munisipale bestuurdser JI Swartz gesê. Dit sluit enige gedupliseerde straatnommer
binne dieselfde straat in. Die samewerking van die gemeenskap sal waardeer
word, om ‘n probleem aan te meld of vir verdere hulp om hierdie aangeleenthede
spoedig reg te stel.
Related News