By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 30 Apr 2024Language: AfrikaansCategory: Other
Sommige Khoi- en San-gemeenskappe vind dit moeilik vir wie omte stem
Sommige Khoi- en San-gemeenskappe in die Noord-Kaap sê dit is vir hulle
moeilik om ‘n keuse te maak oor vir wie om die komende verkiesing te stem.
Talle sê hulle is besorg omdat nie een van die politieke partye na hul kwessies
in verkiesingsmanifeste verwys nie. Colin Louw van die San-raad sê hulle wil hê
dat partye met hulle praat oor sake wat vir dié gemeenskappe van belang is.