By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 30 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Education
Hoërskool Aggeneys besoek Kaapstad vir opvoering van voorsgeskrewe boek
Hoërskool Aggeneys se graad 12’s is in
Kaapstad vir die opvoering van hul voorgeskrewe boek. Die boek se naam is Onderwêreld
en is geskryf deur Fanie Viljoen. Greg Owen is
die hoofseun van ’n privaat seunskool wanneer Eckardt Wilken, ’n buitestander,
in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n
band tussen die twee seuns. Eckardt erken dat hy ’n voortreflike
rekenaar-hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwêreld in wat hom,
onwillekeurig, in ’n gevaarlike avontuur intrek. Met Eckardt se skielike en
geheimsinnige verdwyning begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend
aanvaar het, bevraagteken. Die onderwêreld ken sy naam en roep hom om te kom
speel. Die skrywer het uitvoerige navorsing gedoen oor kuberkraking en dit,
tesame met ’n goed geskrewe en gekonseptualiseerde storielyn, maak vir
spannende leesstof.
Related News