DA stel beleid bekend om Noord-Kaapse hawens reg te ruk
Die DA in
die Noord-Kaap sê hulle het verlede week hul innoverende beleid bekendgestel om
die provinsie se hawens reg te ruk. Die DA sê infrastruktuurbeperkings by die
hawens raak die ekonomie en werkskeppingspogings in die mynbousektor. Dit volg
op die nuus dat Kumba Iron Ore se kwartaallikse verkope met tien persent gedaal
het weens logistieke uitdagings. Die DA sê hul beleid het ten doel om die
provinsie se hawe-infrastruktuur te moderniseer en op te gradeer om die
ekonomie te verbeter.