Die
Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, en LUR vir Onderwys, Zolile Monakali, open
vandag die nuwe Greenpoint Primary School amptelik in Kimberley. Die bou van
die skool vorm deel van planne om asbesskoolinfrastruktuur in die provinsie uit
te roei. Die skool is toegerus met moderne fasiliteite wat daarop gemik is om
kwaliteit leer en onderrig te verbeter. Die amptelike opening vind om negeuur
plaas.