Jamian Cloete, leerder van Hoërskool Namakwaland het die afgelope naweek aan die Noord-Kaap Upington Junior Golf Ope deelgeneem. Hy het in die o.17-ouderdomsgroep gespeel en 1ste plek behaal. Verder het hy ook die o.19-speler oorwin en as die algehele wenner van die toernooi weggestap. Intussen het Dr Izak van Niekerk se 0/13 Netbalspan 2de plek verower tydens die ABSA/Wildeklawer Byeekoms te Kimberley. Die skool is trots ophjulle meisies, afrigters en spanbestuur.