By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 01 May 2024Language: AfrikaansCategory: Politics
ActionSA sal weens die hoë werkloosheidsyfer nie Werkersdag vier nie
ActionSA
in die Noord-Kaap sê hulle weier om môre Werkersdag te vier terwyl die
provinsie met werkloosheid sukkel. Die Noord-Kaap het ‘n jeugwerkloosheidsyfer
van 42-komma-vier persent, wat volgens die party bewys dat die provinsiale
regering nie ‘n belowende arbeidsmark kan bevorder nie. ActionSA beskuldig die
Noord-Kaapse departement wat toegewy is aan Jeug, Vroue, Gestremdheid,
Kommunikasie en e-Regering van die gebruik van nepotisme, in plaas daarvan om
die jeug te help. Die party sê hulle is daartoe verbind om met mynbou- en
energiemaatskappye saam te werk om werk en noodsaaklike vaardighede te verskaf.