Die Khâi-Ma Munisipaliteit wil graag die inwoners van Pofadder en Pella inlig dat Vaal Sentraal Water die munisipaliteit kennis gegee het dat daar ‘n pyplekkasie op die hooflyn is. Hulle instandhoudingspan sal vandag daaraan aandag gee, so die aanleg loop nie en dus kan daar nie water gepomp word. “Ongelukkig kan hulle nog nie bevestig hoelank werksaamhede sal plaasvind. Gebruik asseblief water spaarsamig gedurende hierdie tydperk. Jammer vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak, die munisipaliteit gevra.