By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 03 May 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Die Noord-Kaapse premier skryf goeie leierskap toe aan die nuwe Mega Entity-gebou
Die Noord-Kaapse premier,
Zamani Saul, het gister die nuwe Mega Entity-gebou van die Noord-Kaapse
Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap bekend gestel. Die nuwe gebou het ten doel om
die provinsie se ekonomie te verbeter deur die Noord-Kaap as ‘n
beleggingsbestemming te bevorder. Die premier glo goeie leierskap skep
verandering en hoop dat die gebou sal dien as ‘n instrument om ekonomiese groei
en nuwe werksgeleenthede te bewerkstellig. Saul het ook al die leiers bedank
wat gehelp het om die gebou op te rig.