By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 03 May 2024Language: AfrikaansCategory: Education
Dr Izak van Niekerk stap weg met louere in die Eisteddfod streeksuitdunronde
Die ABC Motsepe Suid Afrikaanse Skole Koor
Eisteddfod (SASCE) streeksuitdunronde het in die
Namakwa-distrik, by Dr Izak van Niekerk Primêr, gisteroggend afgeskop. Die jong
hoopvolle koorsangers het meegeding om hul plek te verseker in die provinsiale
geleentheid wat vanaf 11-13 Julie 2024 in Kimberley aangebied gaan word. In die
Eerste plek in die afdeling, Afrikaans (Intermediêre Fase) het dr, Izak met die
louere weg gestap. In die kategorie van vroulike stemme het Hoërskool Aggeneys
in die tweede plek opgeiendig.