By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 09 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
Vedanta Zinc International skenk Brandvoorkomingstoerusting aan die Namakwa Distriksmunisipaliteit
Vedanta
Zinc International het onlangs Brandvoorkomingstoerusting ten bedrae van
R150,000 aan die Namakwa Distriksmunisipaliteit geskenk. Die Bystand vir Brand- en Rampbestuur vorm deel van die
mynmaatskappy se Maatskaplike en Arbeidsplan en is in lyn met hul eerste waarde
van Veiligheid. Dit sal verseker dat die Distriksmunisipaliteit ten volle
toegerus is in geval van nood!
Intussen terwyl Black Mountain werkersMaand
vier, het een van die werknemers Oyanga Nontsimi iets te sê oor #LifeAtVedanta.
Hy is sedert 2021 by die Black Mountain-bedrywighede waar hy aangesluit het as
'n gegradueerde en is nou 'n Asset Optimization Specialist. “Wat ek die meeste
daarvan hou om by Vedanta te werk, is dat ek tuis voel weg van die huis af. Ek
hou van hoe die spanne saamwerk. Black Mountain Mine moedig en verwelkom nuwe
idees, elke dag is opwindend en vol geleenthede om te leer en te groei,” het
Nontsimi gesê.
Related News