By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 09 May 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Radio Nfm politieke debat vind vanaand in die Richterveld munisipale area plaas
In 'n poging om burgerlike betrokkenheid
te bevorder en plaaslike stemme te bemagtig, gaan Radio Nfm vanaand haar politieke
debat aanbied wat beloof om impakvol te wees. Dit gaan plaasvind op Port
Nolloth in die Stadsaal tussen 18:00 – 20:00. Die debat gaan insluit politieke
partye se kandidate wat meeding vir sleutelposisies in die opkomende plaaslike
en nasionale verkiesing wat gaan plaasvind op 29 Mei 2024. Met onderwerpe wat
wissel oor water, en gesondheids kwessies om die uiteenlopende behoeftes en
belange van die Richtersveld munisipale area se inwoners aan te spreek.
‘n Jeugdige van Lekkersing sê waarom hy
gaan stem in die 2024 verskiesing – CLIP