Radio NFM het gisteraand die derde been van haar Politieke Debat in Port Nolloth aangebied. Die doel van hierdie geleentheid was om plaaslike politieke partye se perspektiewe oor verskeie kwessies in te samel en gemeenskapslede in te lig oor die veranderinge wat hulle kan verwag wanneer hulle op 29 Mei na die stembusse gaan vir die provinsiale en nasionale verkiesings. Die geleentheid het interessante uitsprake van verskillende politieke partye gehad. Die Demokratiese Alliansie het die gesondheidstelsel in die Noord-Kaap gekritiseer en dit as 'n "lykshuisdiens" beskryf.  Intussen het die NCCM beweer dat die Nama-Khoi Plaaslike Munisipaliteit 'n moderne sportveld kon vervaardig het, en het die Ritchersveld-munisipaliteit gekritiseer omdat hulle min vordering gemaak het alhoewel dit sport- en ontspanningsaktiwiteite bevorder en daaruit munt slaan. Die jeug van die Richtersveld vra vir opleiding vir die jeugdiges wat die skool verlaat het in graad 7 en 10. Baie van die leerders sak uit vanuit hul skool loopbaan as gevolg van omstandighede in hul ouer huise. Verder verlang hulle dat daar ‘n jeugsentrum gebou word, en die rede vir dit is dat meeste van die jeugdiges vasgevang is in drank en dwelms.