By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 10 May 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Polisie kaptein uit op borgtog
Die bevelvoerder van die Namakwa Veediefstal- en Bedreigde
Spesies-eenheid, kapt Karel du Toit, het vanmiddag, vlugtig in die
Springbok-hof verskyn. Du Toit is Woensdag deur lede van die
teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte wat
verband hou met bedreigde/beskermde plante. Hy was in aanhouding tot sy
hofverskyning vandag. Hy is op borgtog van R50 000 vrygelaat. Sy
volgende hofdatum is 1 Augustus. Die ondersoek duur voort volgens die Nasionale
Vervolgingsgesag.