In 'n poging om burgerlike betrokkenheid te bevorder en plaaslike stemme te bemagtig, gaan Radio Nfm môre haar politieke debat aanbied wat beloof om impakvol te wees. Dit gaan plaasvind op Garies in die Gemeenskapsaal tussen 18:00 – 20:00. Die debat gaan insluit politieke partye se kandidate wat meeding vir sleutelposisies in die opkomende plaaslike en nasionale verkiesing wat gaan plaasvind op 29 Mei 2024. Met onderwerpe wat wissel oor water, en gesondheids kwessies om die uiteenlopende behoeftes en belange van die Kammiesberg munisipale area se inwoners aan te spreek.