By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 17 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
Sooispit seremonie van stapel gestuur in die Hantam Munisipaliteit
Die sooispit seremonie het gister in Calvinia, in die Hantam
munisipaliteit plaasgevind. Die Noord- Kaapse LUR vir die Korporatiewe Regering,
Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, mnr Bentley Vass, vergesel deur
die uitvoerende burgemeester mnr. Mervin Cloete van die Namakwa Distriksmunisipaliteit
en die burgemeester van die Hantam munisipaliteit mnr. Koos Alexander, het die
seremonie waargeneem. Mnr. Vass het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor die Noord-
Kaapse regering onder leiding van premier Saul dat hul kan begin met die uitwissing
van die agterstand van behuising in die provinsie. Mnr. Cloete spreek sy dankbaarheid uit teenoor
die LUR en maa kook die getal huise bekend wat gaan gebou word.
Related News