By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 17 May 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Sutherland man sewe jaar tronkstraf opgelê
Die streekhof in Sutherland het onlangs 7 jaar tronkstraf
opgelê aan die 33-jarige Tertius October ná die opsetlike seksuele aanraking
van 'n 12-jarige meisie in Sutherland op Saterdag, 20 April 2022.Die hof het gehoor dat die slagoffer by haar huis saam met vriende was toe die beskuldigde haar arm gegryp en haar onbehoorlik betas het. Die beskuldigde het gevlug toe sy skree. Die slagoffer het die voorval by haar pa aangemeld, wat die polisie in kennis gestel het en daarna die beskuldigde gearresteer het. Die Hof het 7 jaar tronkstraf vir seksuele aanranding opgelê waarvan 2 jaar vir 5 jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie enige ander verwante misdaad pleeg nie. Hy is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.