By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 27 May 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Vedanta Zinc International hulde gebring aan die vasteland se ryk erfenis en diverse kulture
Ter ere van Afrika-dag, wat op Saterdag plaasgevind het,
het Vedanta Zinc International hulde gebring aan die
vasteland se ryk erfenis en diverse kulture. Vedanta Zinc International is
trots daarop om die grootste sinkprodusent in Afrika te wees met bedrywighede
in Suid-Afrika en Namibië. Deur die mynmaatskappy verbintenis tot
transformerende gemeenskappe, streef hul daarna om 'n positiewe impak op
hierdie nasies se ekonomiese groei en volhoubare ontwikkeling te maak. Van
onderwys- en gesondheidsorginisiatiewe tot biodiversiteitsmaatreëls, is Vedanta
Zinc International toegewyd daaraan om hul gasheergemeenskappe te bemagtig en
op te hef.