By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 27 May 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Pa van Langarm is die naweek oorlede
Die Suid-Afrikaanse musiek-ikoon, James Emmanuel Newman,
beter bekend as "Jimmy's Grand Six", is Saterdagoggend by sy huis in
Concordia oorlede. Newman is vyf jaar
gelede met longkanker gediagnoseer. Die
83-jarige musikant was bekend as die Vader van Langarm. Oor 'n bestek van 63 jaar het Newman en sy
orkes meer as 189 liedjies opgeneem en 17 albums vrygestel, waarvan Rickey's
Waltz die bekendste treffer is. Newman
word oorleef deur sy vrou en vier kinders. Gemeenskapslede en musiekliefhebbers
betreur sy heengaan. NFM Direksie, bestuur en personeel het hul meegevoel met
die familie gedeel gedurende hierdie moeilike tyd.