By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 27 May 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Geïntegreerde ontwikkelingsplan en begroting voorgehou en goedgekeur
Tydens
die Namakwa Distriksmunisipaliteit se raadsvergadering wat vroeër laasweek
plaasgevind het, is die 2024/2025 Geïntegreerde ontwikkelingsplan en begroting
voorgehou en deur die raad goedgekeur. Verteenwoordigers van die Munisipale
Digitale Hub het 'n voorlegging aan die Raad gedoen, én die Raad het R250 000
aan die Digitale Hub geskenk. Die raad van Namakwa Distriksmunisipaliteit is
opgewonde oor die geleenthede wat die Digitale Hub aan die distrik se jeugdiges
gaan bring. Van al die digitael hubs, sal dié die eerste een by 'n TVET Kollege
wees.