By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 27 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
3 732 mense, 2 207 voertuie in Noord-Kaap deurgesoek
’n Totaal
van 3 732 persone en 2 207 voertuie is gestop en deursoek deur die polisie in
die Noord-Kaap tydens Operasie Shanela. Operasie Shanela spreek hoë
prioriteit misdaad in die provinsie aan. In ’n kort tydperk het die spanne ’n
beduidende impak op misdaad gemaak deur voertuigkontrolepunte, besoeke aan
winkelsentrums en ongelisensieerde drankpersele, asook verskerpte
polisiëringspatrollies, sê polisiewoordvoerder Cherelle Ehlers. “Inspeksies is
uitgevoer by vuurwapenhandelaars, drankpersele, handelaars van tweedehandse
goedere, kommunikasietoerusting en skrootmetaal,” het Ehlers gesê.
Related News