By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 12 Jun 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Operasie Vala Umgodi arresteer 28 verdagtes op Kleinzee
Die
multidissiplinêre span van Operasie Vala Umgodi in Kleinzee het op Maandag, 10
Junie 2024, tesame met Namakwa Distrik Sigbare Polisiëring en Departement van
Binnelandse Sake toegeslaan op verskeie plekke om onwettige mynaktiwiteite en
ander verwante misdade aan te spreek. Die intelligensie-gedrewe operasie is in
die vroeë oggendure uitgevoer wat die geïdentifiseerde brandpuntgebiede in
Kleinzee geteiken het. Die span het beslag gelê op vyf sakke met moontlike
diamantdraende gruis, gereedskap en 'n 57-jarige Suid-Afrikaanse man in
hegtenis geneem vir onwettige mynbou.
“Die
operasie het gelei tot die inhegtenisneming van sewe-en-twintig (27)
ongedokumenteerde persone wat twaalf (12) Zimbabwiese burgers tussen die
ouderdomme van 28 en 50 jaar oud, twaalf (12) Lesotho-burgers tussen die
ouderdomme van 26 en 58 jaar oud en drie ( 3) Mosambiekse burgers tussen die
ouderdomme van 17 en 40 jaar oud. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in
die hof verskyn,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane
gesê.
Related News