By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 12 Jun 2024Language: AfrikaansCategory: Community
Nama Khoi gee opdatering van transformator op Nababeep
Nama Khoi munisipaliteit stel die gemeenskap van Nababeep
in kennis dat die foutiewe transformator ondergaan steeds herstelwerk weens
lekkasies wat ontdek is. Munisipale amptenare sal voortgaan om vordering te
monitor totdat hierdie lekkasies herstel is. Die Munisipaliteit erken die
frustrasies van die inwoners rakende kragonderbrekings in sekere dele van die
dorp. ‘n Kennisgewing sal uitgereik word wanneer die transformator gereed is
vir installasie. Vir enige verdere navrae, skakel die Munisipale bystandnommer
by 079 924 3092.