Die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, sê die provinsiale regering het aansienlike vordering gemaak met die lewering van basiese dienste aan die armes in die laaste administrasies. Volgens die premier het huishoudings met toegang tot spoeltoilette tot 73 persent toegeneem en diegene wat ‘n opvoedkundige instelling bywoon, het ook tot meer as 70 persent in 2022 toegeneem. Hy sê dit dui op ‘n groot verbetering in die verskaffing van basiese dienste en die gehalte van openbare onderwys. Saul is ook bly dat daar reeds drie maande sonder beurtkrag is, wat aandui dat kragonderbrekings iets van die verlede mag word.