By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 28 Jun 2024Language: AfrikaansCategory: Public Announcement
Die Noord-Kaapse polisie doen ‘n beroep op die publiek om veiligheidsmaatreëls in te stel
Die
polisie in die Noord-Kaap het die publiek versoek om veiligheidsmaatreëls in te
stel om rooftogte by hul besighede te voorkom. Dit volg op ‘n groot aantal
voorvalle wat by die polisie aangemeld is. ‘n Polisiewoordvoerder,
luitenant-kolonel Sergio Kock, sê die polisie verstaan die impak wat misdaad
op individue en besighede het. Kock sê die polisie is daartoe verbind om met
die publiek saam te werk om te voorkom dat misdade plaasvind.