By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 02 Jul 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Nama Khoi munisipaliteit deel inligting aangaande onderbreking in water
Die Vaal Sentraal Waterraad ondervind
langdurige vertragings met die herstel van hul pompe wat verantwoordelik is vir
die pomp van water na Nama Khoi, het die munisipaliteit gesê. Die diensverskaffers
moes onderdele bekom wat nodig is vir die herstelwerk, maar kon nog nie die
jongste verwikkelinge aanmeld nie. Die Vaal Sentraal Waterraad het egter in
kennis gestel dat alle water na Vaalhoek reservoir herlei is en ook gepomp word
na Concordia en Carolusberg. Inwoners wat watertekorte het kan dit rapporteer
by 079 924 3092.