By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 02 Jul 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Speaker Bock en Raadslid Baadjies neem deel aan opruimingsveldtog
Die Speaker, dr Gustav Bock van die Nama
Khoi Munisipaliteit, saam met Raadslid Mario Baadjies van Wyk 5 Bergsig wil
graag hul opregte dank en waardering uitspreek aan elke inwoner wat deelgeneem
het aan die opruimingsveldtog in een van die munisipaliteit se geliefde dorpe.
Die gemeenskap se harde werk en samewerking het ’n merkbare verskil gemaak in
die netheid en skoonheid van Bergsig. “Julle toewyding om sekere dele van ons
dorp wat baie vuil was op te ruim, is inspirerend en ’n voorbeeld van ware
gemeenskapsgees. Ons is trots om te sien hoe almal saamgewerk het om ’n skoner
en gesonder omgewing te skep,” het die Speaker gesê. Speaker Bock en Raadslid Baadjies
wil elkeen bedank vir hul tyd en energie wat hulle opgeoffer het.